
NG Rustenburg Suid
Jesus leef en ons met Hom
Sondag Eredienste
Ons eredienste vind elke Sondag om 09:00 plaas en bied ’n geleentheid waar ons as medegelowiges saam deur die Woord bedien word en die Here aanbid.
Kinderbediening word tydens die erediens aangebied.
Bybelstudie
’n Geleentheid vir verdieping in die Woord, geloofsvorming en geestelike groei.
Gemeentelede word hartlik uitgenooi om saam te leer en te groei in die woord van die Here.
Waar ons ontmoet
Ons gemeente vergader op die hoek van Kerk‑ en Uniestraat, Rustenburg.



Kruisgenoot
Kruisgenoot deur Driaan Britz
Hier is die jongste uitgawe van ons gemeente se nuusbrief.
Bly op hoogte van belangrike aankondigings, bedieningsnuus en gemeentegebeure.
Sondag Erediens
Tema
Wie Jesus is
Ds. Driaan Britz • 05 Julie 2026 • Matteus 10:26-39
Audio opnames
Die mees onlangste bediening van die Woord is beskikbaar vir luister en oordenking.
Koninkrykstyd – Groei in die Lewe van Christus
Koninkrykstyd is die lang seisoen van groei. Ons leer om Christus te volg in die alledaagse lewe — stadig, getrou, vol hoop.
“Die koninkryk van God is soos ’n mosterdsaadjie…” – Markus 4:31